SielSketse

SielSketse

Declarations

  • Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
    Philippians 4:13
  • Ek is meer as 'n oorwinnaar deur Hom wat my liefhet.
    Romans 8:37
  • U wat in my is, is groter as hy wat in die wêreld is.
    1 John 4:4
  • Ek het al die mag oor die krag van die vyand; en niks sal my ooit skade aandoen nie.
    Luke 10:19
  • God gave me not the spirit of fear; but of power, and love, and a sound mind.
    II Timothy 1:7
  • I have the mind of Christ.
    I Corinthians 2:16
  • U vervul my met die kennis van U wil in alle wysheid en geestelike insig.
  • Deur U wonde is ek genees.
    Isaiah 53:5
  • Ek is verlos van sonde en ek leef vir geregtigheid.
    1 Peter 2:24
  • Jesus gee my mag en gesag om siektes te genees.
    Luke 9:1
  • I come boldly to the throne of grace, and find mercy, grace and help in time of need.
    Hebrews 4:16
  • I was made the righteousness of God in Christ.
    II Corinthians 5:21
  • I am a new creation.
    II Corinthians 5:17
  • Ek is geskep in Christus Jesus. Ek wandel in die goeie werke wat God vir my voorberei het.
    Ephesians 2:10
  • Ek het lewe en lewe in oorvloed.
  • Met my God storm ek n bende en spring ek oor 'n muur.
  • Ek is die kop en nie die stert nie.
  • Geseend is ek by my ingang en geseend is ek by my uitgang.
    Geseend is ek in die stad en geseend is ek in die veld.
    Geseend is die werk van my hande. Geseend is die vrug van my liggaam.
  • Die Heilige Gees woon in my en leer my aangaande alles wat Jesus sê.
  • Ek is n tempel van die Heilige Gees.
  • Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe.
  • Ek verlustig my in die Here en Hy gee my die begeertes van my hart.
  • Hy gee Sy engele opdrag om my te beskerm. Ps 91:11-12
  • I don't conform to the world but I am renewed by the renewal of my mind by the Holy Spirit and I discern the will of the Lord for me which is good and pleasing and perfect.

  • “My inner world creates my outer world.”
  •  “What I heard about money isn’t necessarily true. I choose to adopt new ways of thinking that support my happiness and success.”
  •  “What I modeled around money was their way. I choose my way.”
  •  “I release my nonsupportive money experiences from the past and create a new and rich future.”
  •  “I observe my thoughts and entertain only those that empower me.”
  •  “I create the exact level of my financial success!”
  •  “My goal is to become a millionaire and more!”
  •  “I commit to being rich.”
  •  “I think big! I choose to help thousands and thousands of people!”
  •  “I focus on opportunities over obstacles.”
    “I get ready, I fire, I aim!”
  •  I admire rich people!”
    “I bless rich people!”
    “I love rich people!”
    “And I’m going to be one of those rich people too!”
  •  “I model rich and successful people.”
    “I associate with rich and successful people.”
    “If they can do it, I can do it!”
  •  “I promote my value to others with passion and enthusiasm.”
  •  “I am bigger than any problems.”
    “I can handle any problems.”
  •  “I am an excellent receiver. I am open and willing to receive massive amounts of money into my life.”
  •  “I choose to get paid based on my results.”
  •  “I always think ‘both.’ ”
  •  “I focus on building my net worth!”
  •  “I am an excellent money manager.”
  •  “My money works hard for me and makes me more and more money.”
  •  “I am committed to constantly learning and growing.”
  •  “I act in spite of fear.”
    “I act in spite of doubt.”
    “I act in spite of worry.”
    “I act in spite of inconvenience.”
    “I act in spite of discomfort.”
    “I act when I’m not in the mood.”

Die Storm

Op die horison bars die helder lig van die son
deur ’n opening in die wolke,
en ek sien die goue lig weerkaats
vir 'n oomblik op die blare.

Pers reen kleur die lug in
met lewe wat ek kan ruik in die wind,
en ek ruik die lewe wat die wind
met hom saambring en op my laat reen.

Ek hoor die voëls
soos hulle roep in die lug,
en ek weet daar is iets binne in my
wat ook roep om vry te wees.

Ek voel die aarde se vibrasie,
en ek weet dat ek die storm kan voel
sonder dat hy aan my raak.

Is dit beter om glad nie deel te wees
- omdat jy nie kan wen nie ?
Of is dit beter om deel te neem
- en vreugde te put uit elke spier wat beweeg,

elke asemteug, elke stukkie adrenalien,
elke stukkie gevoel op my vel ?

Vogindus

Herfs ...

die mooiste seisoen vir my
dis die maturity van die somer
daar is rypheid
en volheid van kleur
dis nie warm nie
en ook nie koud nie

Vogindus

Langpad

Kilometer vir uitgerekte kilometer draai die wiele,
verder en verder die ooptes in
die sperstrepe word beurtelings afgetel en agtergelaat.
Dis net ek en my gedagtes …

Soms dink ek dat die geestelike en emosionele kapasiteit
net te klein is vir alles wat ek saamdra.

Tasse vol bagasie wat ek daagliks uitpak, uitsorteer
en maar weer net alles inpak,
net om môre en oormôre te herorganiseer
aan dieselfde tasse.

Dit vreet my fisiese en geestelike krag,
en ontevredenheid word weerkaats in elke tru-spieël !
Voor my kronkel die teerpad uit soos ’n swart slang.
Langs my verander die landskap …

Ek bevind my in ’n Goddelike skildery
en vir ’n breukdeel van ’n sekonde is realiteit en werklikheid
sperstrepe wat verbysnel.
Weg, verby, vergete …

Dan is dit weer grondpad
en wreed word die werklikheid voor my neergegooi.
Die toeskouers is ver agter my
en dis onmoontlik om te vra vir hulp.

EK WENS EK HET GENOEG HANDE GEHAD
OM AL DIE BAGASIE VAS TE HOU!

PureBeaut

nagmaat

koper is jou kleur
waar jy wegkruip agter die wolke se gleuf
versigtig loer jou ligstrale
en val sag deur die ruit op my wang

die nag ruik so anders wanneer jy daar is
wanneer jy saam met my reis
deur ’n landskap van swart en blou
sag en vol mistiek soos die hart van ’n vrou

ek weet dis koud
jou koper verander in silwer helder
soos jy opklim in die hemel
en my oe nou beter sien

Vogindus

Sielsketse

Woorde is die verfkwas …
van die onsigbare prente
in die siel van elke mens

Had ek maar in die hede
die perspektief wat ek môre sal hê
oor nou …

Maar as ek nou kan leer
wat in die verlede
gemaak het dat ons doen …
of nie,

dan sal ek nie spyt wees
oor wat was en wat nie,

omdat dit my vandag
met ’n stukkie van môre se perspektief
kan laat leef.

. . . . . . .

Woorde is die verfkwas
van die onsigbare prente
in die siel van elke mens

Die emosies en interpretasie …
is die verf
en jou hart …
is die doek

Winterland

Alle seisoene is normaalweg ongeveer ewe lank.
Miskien verbeel ek my,
maar my winter is reeds langer as die norm ...

Oral om my is somer, blomme, groen gras, voëls ...
maar hier by my lê die sneeu baie diep.

Elke oggend probeer ek dit skoon skraap,
maar teen die aand lê my land weer vol winter.

En as ek gaan lê om te slaap
hou die koue my wakker,
dan dink ek aan ’n manier om warm te bly,
so baie dat ek nie kan slaap nie.

Wanneer ek wakker word,
vat ek maar weer die graaf om skoon te skep.

Die winter kom lê in my hart, my oë,
smelt, en rol by my wange af.
Ek roep na die somers daar buite,
maar my woorde smelt weg in die yslug …

Wanneer gaan dit lente word?

PureBeaut

Winter

“ sommer so sonder seremonie 
kondig die lug aan dat die winter gearriveer het … ”

“ en beaam dit net die leemte wat groei in my hart, 
wat maklik in die somer oorsien word … ”

“ en my tong-in-die-kies promovering van die winter 
poog myself te oortuig … ”

“ die dinge te ignoreer wat binne-in my swyg … ”

PureBeaut