Poem for your 21st Birthday
It is 9 years since you were 12
when you entered into adulthood
So now you are entering the stage to maturity
on your journey to learn life
On this path to maturity
never loose the child inside
the child who believe, who laugh and cry
the child being innocent & naive
running to her Father when scared
Don't loose your curiosity
and keep on believing in people
the saying goes :
"you can't change yourself"
by this time you know it is not true
you realize that you WERE changed
many times not for the better
But I'm not concerned
I rest assured that you daily allow yourself
to be changed back to who God originally made you to be
the soul in which He finds pleasure and utmost delight
May your life sound like a symphony and read like a poem.
Let the words of your mouth and the meditations of your heart
be pleasing to Him - your Rock and your Redeemer
Klein Harte
Hoe sal ons weet
wanneer ons klein harte breek ?
en hoe sal ons dan meet
hoe diep die oopskeur was ?
Wat as dit seermaak
daar waar niemand kan regmaak ?
’n Klein hart is sag,
’n klein hart is broos,
wie sal kan troos ?
’n Klein hart verstaan nie
huil uit die maag
Partymaal net stilte
met ogies vol vrae
Ogies waarvan die blink
stadigaan verdwyn het
’n stappie waaruit die huppel
weggekwyn het
Klein koppie knik moedeloos
stap dapper weg
met trane wat vlak wil uitloop
haar gesiggie verberg
Die dodelikste
is nie ’n ander se lem
dis die besef van kanse
vir altyd verspeel
Bring my meulsteen
en ’n beker asyn
Ek het droog geween
o al die pyn
klein voetjies
in die straatlig sien ek
klein voetjies in die sand
en dit laat my terugdink
aan die dag op die strand
toe jy effens benoud
halflyf in die see
styf aan my vashou
en ons in die golwe speel
skulp en klipoptellertjie
ek sien die wind in jou hare
ek hoor die see in jou lag
hoe kosbaar was die goeie jare
in die laatson se strale
sien ek myself in jou ogies
en ek kan nie peil nie
hoe jy tussen vreugde en hartseer kies
my gemoed is soos die herfs
vol oranje geel en goud
vol kleur na die somerseisoen
maar binnekort droog en oud
ek wil my verbeel
as ek so alleen in die aandlug stap
dat daar soutsproei aan my kleef
my wange is dan nat
die tyd dat jy op my skoot kan sit
gaan nou so vinnig verby
ek wil so graag daar vir jou wees
en saam met jou die lewe bekyk
redef
is jy bly of verbaas
met jou siel se herdefinisie
laat dit jou verras of verdwaas
jou lewe se nuwe visie
wat is daar wat jy moet deursoek
wat is daar wat jy moet vind
is dit in ’n boek
of in die prentjie van ’n kind
is dit wat jy nou voel
deel van wat jy in die spieel moes sien
was dit van die begin af bedoel
om te wees wat jy moes bedien
is die porsie wat jy agterlaat
’n seen, is dit goed of kwaad
sal dit die een wat jy moes soog
voed, of haar uitdroog
sal jou siel sy vrede vind
of is jou potensiaal steeds toegebind
sal jy eendag skree in jou gees
nee ! … dit kon so anders wees
los die lig om te skyn
los die oordeel uit pyn
dat jy deur trane en bloed kan sien
wat dit is wat jy moet bedien