SkoolVerse

SkoolVerse

Bome en Blare


Hier sit ons weer
op ’n tak
hoog en droog
maar nie in ’n boom nie

Die tak is rooi
met 165 blare daarin
en waar is ek ?
ja, al weer aan die buitekant.

Die blare wissel
hier en daar ’n vroulike
geen goeie kombinasie
geen goeie formasie
wel in rye
maar nog deurmekaar

Nog net een keer
dan is ons klaar
dan word ons geskeur
van die wortels en fleur
van hierdie reuse boom

Soos herfsblare wat hul tak verlaat en val
begin ons weer van vooraf,
op die grond, elke fase
Maar daar is min
wat elke fase
weer saam met ons begin

Kalimero



--- kommentaar ---
Met die eind-eksamen
stop hulle al die matrieks
in die skoolsaal
om die toesig makliker te maak.

Breker


Jy handel groot
uit eie mag
Jy wek vrees
want jy dreig met die dood

Jy is sterk
jy voel seker
Jy maak jou merk
nes ’n ware breker

Maar eintlik
is jy klein, baie klein en bang,
so onseker en bevrees,
angsbevange, ongelukkig ?
dis hoe jy daar is
binne
waar net jy kan voel en weet

Is dit dan,
ou breker
die rede vir jou masker ?

Die Geheim


Waar is jy vandag ?
Nie hier nie, dis verseker.
Waar sal jy dan wees môre ?
Wie weet, defnitief nie hier nie.
So waar was jy gister ?
Gister … laat ek dink …
gister was ek nie hier nie.

Jy vra my waar
ek sê jou daar, waar niemand weet nie.
’n Geheim ?
Ja, dis verseker.
Wie weet dan ?
’n Geheim tussen ek en myself.
Tussen jy en jouself ?,
dis mos gekheid,
of is dit nie ?
Wie weet ?

Ek ken die antwoord.
Wat ?
Jy ken jouself nie.
Maar dis geen oplossing
ek en myself kan tog nie meeding.
Juis, dis een mens, een vlees.
So ?
Dit sal die besbewaarde geheim wees !

Die Stryd
(Einde Matriek)


Dit is die Lede
met ’n verlede
maar sonder sin
dalk ’n toekoms,
dalk ’n win

Ons lewe
uur na uur,
dag na dag
Die vyand gluur
sy naam is tyd
ons dink ons het die mag
maar hoe lank nog ?

hoe lank sal dit duur
voor ons op die tog
van vryheid staan
wanneer ons ’n toekoms
’n weg kan baan

Koud, hard
grys en verward
peinsend met vrae
voete van lood
Geen beweging
dit is stil
die mure om ons
’n eenheid, kil

Beangs, bevrees
die mens
tussen grou mure
spandeer hulle ure
sit en tap
dink en beraam
niks wil werk
liggame styf, onbeweeglik

Goed doen is te min
die verstand sit tee
nee, niks anders nie, net win
die begeerte slee hulle mee
Alles is tydelik
alles is verganklik
ook die mens

Die mure koud
geboue onbeweeglik
omstandighede … kil
maar mens
wanneer raak jy stil
stuur ’n gebed
want net Hy
kan jou red

Eksamen


Daar sit hy
ernstig, diep versonke
in letters, sinne, paragrawe,
spelonke ?

Aandag nêrens anders
ernstig
dan lig

Sinne, paragrawe neem vorm aan
lyne vorm ’n baan
reguit, parallel
so daar gestel

Sy brein
soos ratte ineen
die senuwees stuur ’n sein
en letters rëen
uit die hand wat weet
wat ken

Pen opgetel - huiwer aksie
dan satisfaksie
wat hy dink, wat hy skryf
dis nooit anders nie
dis reg

Vrae raak minder
een vir een
tyd !
minuut op minuut,
minder en minder

Hande bewe,
letters al hoe skewer
vinniger, vinniger
om en om draai die ratte
vinniger
geen huiwer aksie
die satisfaksie van weet
van ken

Hartklop versnel
tyd raak op
al vinniger
al dringender
nou die spanning
later, later
die vervanging
die rustig ontspanning

Geboë figuur
skoolbanke voor hom
die vrae word aangegluur
een vir een, elkeen
hy weet, hy ken, hy skryf
sinne, paragrawe neem vorm aan
elke lyn ’n baan

Amper daar
amper klaar
eksaminatore kondig einde aan
die beweging hou aan
dan : papiere raas
nou is ekonomie nie meer hul baas
’n sug
in besoedelde lug
moeg, uitgeput
maar ook die sensasie
van prestasie

Kalimero



--- kommentaar ---
Iemand wat vir ’n eksamen
nege 80 punt langvrae
in sy/haar kop moes kry
sal kan assosieer hiermee.

Onafskeidbaar ? ( vet )


In een liggaam maak ons saam
’n voortbestaan
Ek en jy, onafskeidbaar ? , een.

Tog, sonder jou sal die lewe soveel
gemakliker, goedkoper, aantrekliker wees.

Deur my inname bou ek jou
maar jy kraak my af.

Is ons werklik onafskeidbaar ?
want jou lewensduur
sal ek nou moet kortknip.

WAT ?


’n Stukkie van myself aan jou gegee
myself aan jou ontbloot ;
onverwerkte gedagtes jou laat deel,
sodat jy kon sien daar's plekke nog swart,
en gedagtes partymaal verward.

Wat jy daarmee doen
sal net jy weet.

Woorde was verkeerd, maar as jy kan
kyk daarverby en sien
’n gesindheid nie so sleg
as wat jy dit dalk wou verban.

Voordat jy dalk ontken, sê net gou
met wie as ooit
jy die swart in jou hart deel,
sodat sonder berou
lig dalk daarop speel.

En vir wie partymaal gee jy
’n stukkie van jou gedagtegang :
want vir dié naby aan
steek ons partymaal die meeste weg
en dalk nog meer
vir onsself.

Maak dit af en gooi dit weg,
maar probeer
om die lewe anders te leef
as die saai eentoon
waarmee dié voor ons
dit bewoon.

Want wat jy daarmee doen
weet net jy alleen.