BitterSoet
koffie is bitter
sjokolade is soet
in die kombuis
kan die twee ontmoet
hier is alles
nie altyd op sy plek
kaneel in my hare
suurlemoen in jou nek
soet en sag
sterk aroma darem
selfs met die stoof af
raak die plek warm
kaffiene se chemie
laat harte vinnig klop
seratonien en sjokolade
laat verloor my kop
onstuimig borrel
'n ketel wat kook
in tuimelspel van liefde
word geur en smaak ontbloot
Bloed Diamante
ek en jy is soos diamante
hier en daar getjip
met stukkende plekkies
valse waardasies van die verlede
het die diamante se waarde gevlek,
verwaarloos en laat val, effens verniel
kan iemand sien
soos jy die diamant teen jou vasdruk
gebreekte hoekies jou hart soms stukkend sny
maar kan iemand verstaan
dat die waarde van die diamand
oneindig meer saak maak as snye en bloed
kan iemand sien
hoe ligstrale van liefde
onvoorspelbaar in ander rigtings weerkaats
en kan iemand verstaan
dat kapasiteit om onvolmaaktheid lief te hê
skoonheid en waarde van diamante laat triomfeer
Cheesy but TRUE ...
this is for YOU
You're the ONE I Love
The one I'm longing for
The one I'm dreaming of
You're part of my Destiny,
my Future
As Your Dreams,
and my Desires,
become ONE
The ONE who Loved us First
bestow His Rain of Guidance,
Blessing ...
causing the Love between us ...
me and you, to
Reflect His Beauty
Fulfill His Purpose
for me and you
How I desire to be ONE
with YOU
to KNOW you
in every way possible
to have NO
barriers between us
NO shame,
NOTHING to hide
How I desire to BE
your companion
to HAVE you next to me
as long as we live
- and even after
How I desire to KNOW
your thoughts
FEEL
your feelings
HEAR
your breathing
LAUGH WITH you
I WANT to understand you
(they say its not possible)
But I don't care
- I will always TRY
I DESIRE to REALLY
really LOVE you
... I dedicate my life
to LEARN to
HOW
deurbraak
rotsvas die bastion
akkuraat die fondasie
gewapende beton ontwerp
mure en klip so sterk
tot jou onskuldig
subtiele bries
kom waai dwarsdeur
my mure
jou lag en stem
vibreer deur fondasie
en als wat so sterk
seker en goed ontwerp
tuimel soos papier ineen
waai weg soos stof
met jou asem teen my nek
die wind van jou wese
hoe het jy deurgebreek
so maklik deur al my vestings
tot ek staan aan jou voete
en opkyk in jou oe
hoe het jy al my skanse
soos niks uit die weg gevee
met liefde wat my weerloos laat
in naakte ontsag
hoe smag ek na jou
en alles wat jy is, wie jy is
vir altyd is jou liefde ... jy
vasgeplant, deel van my
die fontein
jy moet my bel
en alles vertel
dis ek wat verlang
om na jou te luister
na als wat jy in die nag
in my oor fluister
en wanneer die sekelmaan die dou roep
en die aarde in sy gang
die ligblou lig van die son
in die gordyn vasvang
voordat dit geel word
met strale van die voels se gesang
dan maak ek vir ons koffie
en ek hoor die vloer kraak
soos kliekettie kliek, kaka se naels raas
voor ek die deur oopmaak
dan voel ek lekker
want die bak is vol
en die roospot loop oor
en dis asof die fontein
net soos jy
net met my kan toor
dis hoe dit was
die wind was onrustig koud
in die silwer aandlug
die koue het my laat bewe
toe ek aan jou raak
jou oe het my vasgegryp
en ek kon nie ... wou nie losruk nie
jy het met die helfte van my
weggery
toe ek 'n sagte skarlaken deken
oor my trek
weet ek ... die bewe was nie van koue
ek dink weer
ek dink weer aan jou lyf
hoe dit voel wanneer jy asemhaal
jou oe in die donker
jou siel, ontbloot en kaal
ek is mal oor elke spier in jou rug
die smaak en shape van jou nek
elke aar en vesel van jou wese
die gedagtes aan jou maak my gek
jou vel soos goud van laatson op die langgras
nooi die winde van my hande
om oor jou te waai en aan jou te raak
om jou te koester en myne te maak
ek wil jou alles vertel - ek wil jou ken
jou lippe is sag soos jou vel
deja-vu van jou lag, jou stem
jou klank, jou geur ... weergalm in my siel
ek voel jou liggaam se gloed
ek hoor die ritme van jou hart
dit word 'n onblusbare vuur wat woed
wat brand deur alles wat ons wil skei
ek wil jou binne in my hê en as ek kon
sou ek binne in jou wese wil inklim
en saam met jou leef, sien, voel en beweeg
een met jou wees ... liggaam siel en gees
ek dink weer aan jou lyf
en hoe ek oor jou voel
ek weet ons leef net eenkeer
ek verstaan wat is die doel
gedagtes aan jou
my hart voel wasig soos mis
wanneer jy ver is
soos die heuwels
dynserig op die horison
langs die pad wat my na jou toe moet neem
staan pienk en pers bogan-villas
en kontras met lig- en donkergroen kleure
van die lente van ons lewe wat laat gekom het
vars reuk van grond onder die bull-dozer
maak dinge in my wakker van nuwe begin
wanneer die klam vog in die grond opslaan
teen my gesig
dan pla die hitte van die laeveld
my nie regtig nie
die son voel goed op my vel
en somehow verstaan ek dit tog
dat honderd voeltjies langs die spruit
steeds vrolik fluit
al stoot ons al die bome om, waarin hulle bly
ek onthou vaagweg van die lelies van die veld
en die voels van die hemel
dat die lewe meer is as voedsel
en die liggaam as klere,
sonder arbeid, sonder spin
sonder saai en sonder maai
voed ons Vader hulle
want Hy weet wat hulle nodig het
Hy weet wat ek nodig - en jy
en al word die bloekom bome omgestoot
wil ek ook sing in die hitte langs die spruit
want inheemse wortels, sal groei met tyd
en die landskap wat nou so deurmekaar
verwoes hier lê
sal binnekort gelyk, inheems en groen
beter huisies vir honderde voeltjies doen
honour and richness
jou hart se dieptes
dit voel vir my heilig
wie mag dit betree
wie kan dit verstaan
jou siel is ferm
karaktervol sterk
soos majestieuse spiere
in 'n renperd se nek
grysblou-groen sien als in my
partymaal so vol vrae
en dan sag
rus
hoe kan ek ooit die omvang
jou skoonheid beskryf
hoe moet woorde vertel
wat jy aan my doen, wat ek voel
true worth has no measure
I can only answer
with honour
you
Jou Hand Vashou
dis net logies dat
MY onvermoe om JOU pyn te voel
vir JOU voel soos MY "nie omgee"
nietemin ontstel dit MY hart
dat ek magteloos voel
om JOU hart se seer weg te neem
vir MY is alles 'n denkproses
want soos ek dink so raak ek
maar vir JOU is alles is voelproses
want soos jy voel so is jy nou
EK wil graag jou hand vashou
maar wil JY 'n hand vashou
wat deel het in die seer wat JY voel ?
MY genesingmanier is stap van denke
tot by 'n begrip en besluit
maar om die VOEL gesond te maak
is vir MY 'n onbekende, magtelose bos
EK wat altyd weet hoe om alles te hanteer
is sonder raad aan myself
maar EK wil graag JOU maatjie net wees
en jou hand vashou
My Burger
jy is my pattie
jy is my ui
my blaarslaai
my spesery
jys my tamatie
en sampioen
my champion ...
wat lekker soen
jys die sesami op my bun
met jou het ek altyd fun
jys my agurtjie
en my peper
altyd smaakvol
dis verseker
jys my cheese on top
sagte satisfaksie
my pragtige pop
reg vir aksie
net vir jou
hoe is dit ... wanneer ek aan jou dink
vir 'n oomblik dan ... ek jou ruik
en wanneer ek skielik opkyk
die impuls van jou nabyheid my ruk
soos blare voor my val in die wind
ek 'n fluister van jou stem hoor
jou asem op my wang
net 'n oomblik ... en dan weg
hoe is dit ... dat ek jou aanvoel
hier by my ... al is jy ver nou
hoe kan jy weet wat ek dink
voor ek jou kan vertel
hoe is dit ... as jy binne my insien
ek geen gordyn wil toetrek
plottepad
kyk mooi waar jy
met jou fietsie ry
klein seuntjie en jou boet
hier in die wind
langs die plotte pad
klein meisie wat lag
vreugde van 'n kind
laat huil my hart
soos jy omdraai en terughardloop
in stowwerige tweespoor pad
voor die reendruppels groot
op die aarde spat
wanneer ek jou sien
wil ek jou weghou
van die donker wolk hier oor ons kop
die wind wat als deurmekaar waai
mense wat jou gaan seermaak
en die leuens in jou kop
---------------------------------------------
Nou die dag toe ek huis toe ry, was daar
ses kleinerige kinders wat by verskillende plekke
langs 'n gevaarlike pad vir hulle pa's
gewag het om van die werk af te kom.
---------------------------------------------
111:10
Let the Lord be praised. I will give praise
to the Lord with all my heart, among the upright,
and in the meeting of the people. The works
of the Lord are great, searched out by all those
who have delight in them.
His work is full of honour and glory;
and his righteousness is unchanging for ever.
Certain for ever is the memory of his wonders:
the Lord is full of pity and mercy.
He has given food to his worshippers;
he will keep his agreement in mind for ever. He
has made clear to his people the power of his works,
giving them the heritage of the nations. The works
of his hands are faith and righteousness;
all his laws are unchanging.
They are fixed for ever and ever,
they are done in faith and righteousness.
He has sent salvation to his people;
he has given his word for ever:
holy is his name and greatly to be feared.
The fear of the Lord is the best part of wisdom:
all those who keep his laws are wise:
his praise is eternal.
143:10
10 Teach me to do thy will; for thou art my God:
thy spirit is good;
lead me into the land of uprightness.
11 Quicken me, O LORD, for thy name's sake:
for thy righteousness' sake
bring my soul out of trouble.
10 Give me teaching so that I
may do your pleasure;
for you are my God:
let your good Spirit be my guide
into the land of righteousness.
vrugte
hoe lank voor grond sag en vrugbaar herstel ?
hoe warm moet die seisoen wees ?
hoeveel water ?
- en op watter tyd ... is net reg ?
kan ek ontkieming laat gebeur ?
of dit stop wanneer dit gebeur ?
wanneer die winde kom en die son bak
sal dit die boom sterk maak ... of knak ?
as ek vrugte groen pluk
sal dit mooi lyk
... lekker smaak ...
my sintuie kan verruk ?
as ek dit te lank los
hoe lank voor te laat ?
as ek vir die Landbouer vra oor die tyd
sal die vrugte ryp wees in my skoot
dan sal die die oorloop vir ons mature
en wanneer ons oud is
smaak en geur voortbring
net soos kosbare olie en spesiale wyn