ShapeGedigte

ShapeGedigte

dis volbring


hoe kan waarheid ruk
en heel ?

dit neem meer guts
as die vrees

dit bring meer lig
as die skuld

hoe kan die wond en mirre
uit een pot kom ?

dit bring trane
vir die bloed

dit ontsmet
na die woed

of jy kom of loop
die hek staan oop

dit is volbring
dis nou klaar my ding

dolk sonder handvatsel


woorde galm leeg teen grys betonmuur
en slaan my hard teen die kop

soos geroeste ysters en ou stukke hout
ruk my ingewande … en skielik is ek oud

trane val nutteloos in droe” stof
magteloos teen harde yster harde klip

die reen kon dit nie skoonwas nie
die salf is eenkant gelos

in waan klink wraak eers soet
maar in die lig is dit ’n dolk sonder handvatsel
net twee vlymskerp lemme . . . na altwee kante toe

DonkerStraat


dis skielik donker in die huis
en donker in my hart . . .

met woorde wat paai
is ’n lewe, ’n wese . . .
verraai

harte le verward, verskeur
niemand om te help nie . . .
niemand om te keer nie . . .

sal ek nou kruppel en seer
deur die lewe meegesleur
myself altyd verwyt

dat ek nie geweet het wat om te doen nie
. . . net nie kon versoen nie

verblind deur die leuens
die wille streep . . .
het alles gebreek

nou's dit te laat
dis donker
in die straat . . .

nooit weer volkome


eers was ons hemels een
hart, siel, vlees vereen

met winde van die tyd
raak deure toe en stemme stil
harte verdeel en geen meer wil

die skeur … net so seer
die mens … nou so vreem

maak nie saak - saam of alleen
nooit weer volkome deel
nooit weer heeltemal een
nooit weer heeltemal heel

party stukke is sag en ander is in die pad
herhinneringe van vreugde, gedagtes van smart

stukkend of heel
hoe lank ookal die tyd
die stukke wat agterbly
is vir altyd

Vogindus


--kommentaar--
Elke gebroke liefdesverhouding
is geneig om stukkies skrapnel
in jou siel te laat,
wat later in die pad kom
as jy nog nie toegelaat het
dat hulle sag word nie.

om te verdrink


voel jy die reen
voel jy Sy seen

dis nat op my vel
besig om te genees
besig om my op te tel

Sy liefde breek met geweld
deur alles wat ek is

die stroom het my gevat
en ek spartel nie meer nie

sentrifugale geweld


sou die lewe soos die aardbol
seisoene draai en tyd laat wegtol

sou jy wanhopig kon keer
sou jy met alles vasklou
as die gety jou greep oopbreek
en die branders aanhou

ekstase, seer, nugter, rou
wie sal dit beheer
wie sal dit kan hou

dof wasig deur die glas
eendag ten volle
maar nou soos die spieel teen die kas

The Plough


Violently anguish ripped open
hearts like a plough

May the cuts deep into your soil
be not to destruction

But for cuddling of seed
falling in a hearts fertile softness

As it dies to bring forth
the promise

I can hear cold drops of rain
do you feel it on your skin ?

verraai


Yskoue ysterhand
gryp in my maag
aan die binnekant

paniek suig verlam
lug als uit my longe
versmoor benoud my keel
help, ek kan nie sien nie
my wereld is skeel
als verwronge

niks wat ek doen - is reg
niks wat ek doen - is goed
nie wat ek is
nie wie ek is
nie vir jou nie

stuk-stuk slaap
gee geen rus
in donker onrustig nag
pyn-wonder waar jy is

ysterhand het als binne uitgehaal
nog nooit - so hol, so leeg
nooit gedink - so stukkend, so kaal
en nog aan die lewe wees

uitgedraai soos ’n ou handoek
verbleik, vertorring, uitgerafel
in-stukke geruk
verkrag in die gees

iets revolve binne in my
’n deur gaan oop in my brein
seisoen van helderheid
besluit om heel en vry te wees

Here ek vergewe, ek spreek vry
ek seen en laat U toe in my
dan rol dit weg, en dit val af
dit word so klein
ek kan dit nie meer sien
laat vaar die pyn
ek haal asem, ek kan sien

wanneer is dit klaar


bitter bitter is die pil
net so dodelik soos skree en gil
hard hard is die hart
net soos stukke ys so apart

dood dood is die gevoel
net soos ’n klippie wat net spoel
verkeerd verkeerd ek het nie geweet
net soos dit is om bloed te sweet

ignoreer ignoreer is die ontkenning van ’n mens
net soos abdikasie van ’n baba wat grens
lag lag is die arena van sensasiesoekers
net soos ’n stadion se aan- en toeskouers

nooit nooit is die vergeet
net soos sterre wat van alles weet
altyd altyd is die onthou
net soos folter met ’n sweep of tou

sleg sleg vasgevang in die situasie
net soos ’n tronk of sel se spasie
leeg leeg my eensame siel wat smag
net eers more is die nuwe dag

rustig rustig is die stem
net soos iemand wat my werklik ken
warm warm is Sy arms in die nag
net soos Hy is - sterk en sag