Na die dominees se insette van gister, het ek gevoel om ook my deel te doen. Ekt 'n gediggie geskryf om ons almal op te beur op hierdie Maandag.
Bruin Maandag
is die lewe maar kak
lekker eet sit aan jou gat
die meul van stres en werk
OF
steel en bedel by die kerk
vloek en skree
frustrasie-golf te groot
vir beheer
vloek is so lelik na buite
van binne: onvermoe-kryte
skree viesbreer deur ruite
die vasgekeerde binne
smag vryheid na buite
soos 'n skewe-steen boumuur
skop jy my steen om
voor ek hom kan oplyn
of enige-iets tot sy reg kom
is die lewe soos 'n lemoen-pluk-trollie
elke wiel-draai, laai nog 'n oranje bollie
in die stof brand jou bors nes jou voete
try navigate 'n glad-loop roete
aflaai en herhaal
sinneloos rond en bont
geen mylpaal
net 'n sloot in die grond
dan eindig nat, dors en moeg
langs 'n hoop vrot lemoen geswoeg
laat gis die donnerse goed net
eks gatvol-genoeg om te stook
oorgee aan mampoer-maak en pyp-rook
en as ek loop
moenie my kakgee
ekt dit klaar op 'n hoop
in die werf gevee