Wat ek geleer het uit die Akapella kompetisie

Wat ek geleer het uit die Akapella kompetisie

Mans sing nie in kore nie, net sissies. Maar ek het op skool koor gesing. Saam met William Brown - en dis hoekom ek daar was.

William was my pel, 'n jaar ouer, en 'n "manly" man. Hy het gese^: "Kom laat staan jou nonsens. Daars 'n girl wat ek wil beindruk en ek gaan nie alleen nie."

So beland ek in die koor en kom agter harmonisering is relatief maklik. Val in, konsentreer op die "pitch" en vul-aan en vul-in.

Toon-aangee en solo-alleen noot-hou ... het nog nooit gemaklik gekom nie. Ook nie hoe" note nie. Maar die "stemme-saam" was lekker.

Kitaar en stem werk ook so. Jy kan nie die liedjie speel as jy dit nie sing nie. It's like surfing: vang die snaar se "pitch". Kom onder hom in, en ry met jou stem bo-op die golf.

As jy kan "submit", kan jy sing. Jou stem "submit" aan die pitch. Maar "pitch" sonder variasie en volume is "useless". Alles kom bymekaar met 'n "gesamentlike-volumetriese-pitch-kaleidoskoop"

Juis hier het die solo-sangers (wat platgeval het) , platgeval. Soos die Springbokke - los voor met die bal maar geen hulp in sig nie.
 
Die reguit-ry werk nie vir my nie - nie een keer nie. Ook nie die een-groot-bondel nie.

Sekere kireografie het my deurmekaar. Nie seker of dit 'n "dril-vertoning-met-sang" of 'n akapella kompetisie was nie? Ek weet net: dit het nie lekker gelyk nie. Niemand het geglimlag nie !

Genl. Hertzog se gegroepeerde dinamika was gemaklik - effektief. Drie tot Vyf groepe, elk met sy eie identiteit, vorm die volle geheel.

Die volume was daar, die gesamentlike "pitch-met-variasie" en harmoniering daarvan. En dit was lekker, almal gemaklik in hulle eie vel. Net soos Parys kon ek sien: hulle geniet dit !

En toe is dit vir my ook lekker.

Posted on